|
Bestuursplan
1. VISIE
Ons visie is om SE-3 ‘n misdaad vrye woonbuurt te maak en te hou.
2. STRATEGIE
Die stategie wat gevolg gaan word om hierdie visie te bereik is soos volg:
a) ‘n gefaseerde tegniese oplossing sal identifiseer word, waarna bepaalde veiligheidsoplossings stap vir stap implementeer sal word, met die vooruitsig om uiteindelik toegangsbeheer tot die woonbuurt daar te stel (sien Aanhangsel 1).
b) ‘n volledige kommunikasie plan en netwerk sal ontwerp en implementeer word, wat ten doel het om projek inligting aan alle inwoners op ‘n gereёlde basis te kommunikeer, en om voorstelle en insette van inwoners te ontvang.
c) ‘n SE-3 bestuursintervlak na die belangrikste werkgewers van die inwoners van SE-3 sal geskep word, met die oog daarop om werkgewer betrokkenheid in die gemeenskap, en meer spesefiek in hierdie projek, te fasiliteer.
d) Alle inisiatiewe sal ten volle deursigtig bestuur word, en die SAP, Munisipaliteit en ander owerhede sal deurentyd op hoogte gehou word met die vordering van die projek.
3. PROJEK ORGANISASIE
Die SAP het ‘n eerste gemeenskapvergadering belê in Februarie 2005. Gedurende die vergadering is ‘n projek bestuurskomitee gekies. Die komitee lede se detail is aangeheg as Aanhangsel 2.
SE-3 is hierna in vier blokke gedeel, elk met ‘n verteenwoordiger.
Die komitee het die projekorganisasie geskep wat vervat is in Aanhangsel 3.
Let daarop dat:
a) Inwoners verteenwoordig word deur hulle onderskeie “blokverteenwoordigers”;
b) Die woonbuurt is opgedeel in vier bloke vir hierdie doel;
c) Blokverteenwoordigers bestuur straatverteenwoordigers in ooreenstemming met hulle taakopdragte vervat in Aanhangsel 4.
d) Straatverteenwoordigers skakel met huiseienaars in hulle onderskeie gebiede. Hulle primêre funksie is:
Om huiseienaars gereëld in te lig oor die vordering van die projek;
Om van tyd tot tyd opnames te doen en steun te werf vir die projek soos onderandere bepaal deur die projek taakbeskrywing (paragraaf 7);
e) Die belangrikste industrieë in die gebied het ook verteenwoordiging op die komitee. Hierdie kanaal bied ‘n geleentheid aan industrieë in ons omgewing om hulle gemeenskap en sosiale verantwoordelikhede tot praktiese uitvoering te bring.
f) Die fasiliteerders op die komitee gee tegniese en bestuursinsette tot die projek en voer ook bepaalde take uit in ooreenstemming met die projek taakbeskrywing.
4. SUKSES METING
Suksesmeting is belangrik omdat dit die verdere implementering van die voorgestelde implementeringsfases (sien Aanhangsel 1) dryf. Byvoorbeeld, indien die oogmerk van ‘n misdaadvrye gebied bereik word deur slegs fase I te implementeer, sal die komitee nie ‘n verdere mandaat van die inwoners vra om Fase 2 of 3 te implementeer nie. Hierdie proses verseker ‘n stapsgewyse en koste effektiewe implementering van die voorgestelde veiligheidsprogram.
Die suksesmeting strategie vereis dat alle misdaad insidente in ‘n databasis dokumenteer sal word. Die insidente sal verder klassifiseer word in terme van die aard van die misdaad (of misdaad poging), byvoorbeeld poging tot motor diefstal, motordiefstal, poging tot huisbraak, ens. Aanmelding van insidente sal nagevolg word in tyd om ‘n neiging daar te stel. Die effek van korrektiewe aksie om die dienslewering verder te verfyn kan sodoende moniteer word.
Die data wat so versamel word, sal verwerk word na sinvolle bestuursinligting, wat aan die inwoners van SE-3 voorgelê sal word ter ondersteuning van verdere mandate wat die komitee van die inwoners mag verlang.
As ʼn sekondêre doelwit sal die databasis ook die oplossing van misdaad ondersoeke monitor en by geleentheid daaroor rapporteer. Die kernoogmerk van suksesmeting bly egter om misdaadpleging te monitor, en nie misdaadvervolging nie.
5. KOMMUNIKASIE, SKAKELING EN INLIGTING
Kommunikasie, skakeling en inligting sal bestuur word aan die hand van ‘n vier-punt strategie:
-
Persoonlike kommunikasie . Hierdie kanaal word implementeer deur die straatverteenwoordigers, wie op ‘n gereelde basis inligting oor die stand van die projek aan die inwoners in hulle straat sal rapporteer.
-
Skakel- en inligtingsnodes . Hierdie kanaal verseker dat relevante en op-datum linligting te alle tye beskikbaar sal wees op Straatverteenwoordiger vlak. Inwoners sal ingelig word oor die kontak detail van hulle straatverteenwoordiger, en kan dan hierdie persoon enige tyd kontak om inligting te bekom of deur te gee.
-
Gemeenskapvergaderings . Al die inwoners sal uitgenooi word om die SE-3 veiligheidsprojek vergaderings, wat van tyd tot tyd belê sal word, by te woon.
-
Media kommunikasie . Die projekvordering en resultate wat met die SE-3 projek bereik word sal op ‘n gereёlde basis aan die lokale pers en streeksradio beskikbaar gestel word.
6. GEMEENSKAP DEELNAME EN GOEDKEURING
Die sukses van die SE-3 veiligheidsprojek word grootliks bepaal deur die betrokkenheid van die SE-3 gemeenskap. Ervaring van ander woonbuurte waar soortgelyke planne implementeer was, toon aan dat inwoners belang verloor in die veiligheidsprojekte soos en wanneer misdaad afneem. Die komitee wil die situasie ten alle koste vermy. Ons is van oordeel dat die kommunikasie, skakeling en inligting strategie wat hierbo uiteengesit is ver sal gaan om die hierdie probleem uit te skakel.
Die gemeenskap veiligheidsopleidingsprogram wat identifiseer is in Fase I (“Oё en Ore teen Misdaad”) sal onder andere wenke daarstel vir goeie veiligheidspraktyk. Inwoners sal opgelei word om die praktyke te implementeer. Ons wil ‘n SE-3 gemeenskap daarstel wat misdaadvoorkoming ernstig opneem. Wat dit hulle persoonlike ideal maak om die woonbuurt misdaadvry te maak.
Inwoners moet kennis neem van die verwagting dat misdaad ons lewenskwaliteit nog vir baie dekades gaan beïnvloed. Die voortdurende bestryding daarvan het gekom om te bly. Hierdie realiteit sal by al ons inwoners ingeskerp word.
Die strategie in 5) hierbo speel ook ‘n sleutel rol in goedkeuring en mandaat verkryging. Besluite wat op gemeenskapvergaderings geneem word sal behoorlik notuleer word, en sal ten alle tye aan inwoners beskikbaar wees by die projekkantoor.
Laastens maak die komitee sy bestuursplan ten volle openbaar, soos uiteengesit in hierdie dokument. Die komitee onderneem om die projek volgens die riglyne in hierdie dokument te bestuur, en kan die inwoners van SE-3 die bestuur hiervoor tot verantwoording roep.
7. PROJEK TAAKBESKRYWING
Die Projek word uitgevoer aan die hand van die volgende hooftake:
Beplan en ontplooi die bestuursinfrastruktuur en personeel wat nodig is om die projek uit te voer.
-
Lanseer die “Oё en Ore teen Misdaad” fase van die program.
-
Monitor die sukses van die program en neem korrektiewe aksie indien nodig.
Die komiteelede het elkeen spesifieke take wat hulle binne hierdie breё raamwerk sal uitvoer. Verwys asseblief na Aanhangsel 4 vir detail in die verband.
8. PROJEK PLAN
Die oorhoofse plan van die projek word aangedui in figuur 1.

* Datums van inwonervergaderings om bepaal te word.
9. PROJEK BEGROTING
Beraamde koste verbonde aan die 3 fases identifiseer in Aanhangsel 1 is soos volg:
*Scenario 1: Oë en ore teen misdaad |
Eenmalige vooraf koste |
Geen |
Maandelikse koste |
R60.00 |
|
|
*Scenario 2: Tegnologie teen misdaad |
Eenmalige vooraf koste |
R3 770.00 |
Maandelikse koste |
R180.00 |
|
|
*Scenario 3: Hou misdaad buite |
Eenmalige vooraf koste |
R3 000.00 |
Maandelikse koste |
R450.00 |
Daar sal ‘n 10% afslag vir pensionarisse wees op enige een van bogenoemde bedrae. Die bogenoemde syfers geld as ten minste 500 gesinne deelneem.
Go Back
|